Aleksandr Solzhenitsyn

Hierdie naam is volgens die Oos-Slawiese gebruik; die patroniem is Isayevich en die van is Solzhenitsyn.

Aleksandr Solzhenitsyn
’n Beeld van die betrokke persoonlikheid.
Solzhenitsyn in 1974.

Geboorte (1918-12-11)11 Desember 1918
Kislowodsk, RSFSR
Sterfte 3 Augustus 2008 (op 89)
Moskou, Rusland
Beroep Skrywer, historikus
Alma Mater Rostof-staatsuniversiteit
Bekendste werke Die Dag van Ivan Denisowitsj
The First Circle
Cancer Ward
The Gulag Archipelago
Two Hundred Years Together
The Red Wheel
Eggenoot/eggenote Natalia Alekseyevna Reshetovskaya (1940-'52 en 1957-'72)
Natalia Dmitrievna Svetlova (1973 tot met sy dood in 2008)
Familie 3 seuns – Yermolai, Ignat, Stepan Solzhenitsyn
Toekennings Nobelprys vir letterkunde

Aleksandr Isayevich[nota 1] Solzhenitsyn (Russies: Алекса́ндр Иса́евич Солжени́цын; Afrikaanse transliterasie: Aleksandr Isajewitsj Solzjenitsin; IFA: /ˌsoʊlʒəˈniːtsɪn/; 11 Desember 1918 – 3 Augustus 2008)[1] was ’n Russiese skrywer en historikus. Sy voornaam word dikwels ook Alexander gespel.[2][3]

Hy was ’n uitgesproke kritikus van die Sowjetunie en kommunisme, en het gehelp om die land se Goelag-stelsel van gedwongearbeidskampe onder die wêreld se aandag te bring. Hy is toegelaat om net een werk in die Sowjetunie uit te gee: Die Dag van Ivan Denisowitsj (1962), in die tydskrif Nowi Mir. Sy latere werke moes hy in die Weste laat publiseer. Die bekendstes hiervan was Cancer Ward (1968) en The Gulag Archipelago (1973).

Die Nobelprys vir letterkunde is in 1970 aan Solzhenitsyn toegeken.[4] Hy was egter bang as hy na Stockholm reis om die prys te ontvang, sou hy nie toegelaat word om na die Sowjetunie terug te keer nie. Hy is eindelik in 1974 verban, maar het in 1994 na Rusland teruggekeer ná die verbrokkeling van die Sowjetunie.


Verwysingfout: <ref> tags exist for a group named "nota", but no corresponding <references group="nota"/> tag was found

  1. (in Russies) Gazeta (Rusland), 4 Augustus 2008, http://www.gazeta.ru/news/lastnews/2008/08/04/n_1251603.shtml 
  2. "Alexandr Solzhenitsyn - Biographical" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2018.
  3. Christopher Hitchens (4 Augustus 2008). "Alexander Solzhenitsyn, 1918-2008". Slate (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 18 September 2018. Besoek op 8 Oktober 2017.
  4. "Nobel Prize in Literature 1970" (in Engels). Nobelstigting. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 9 Augustus 2018. Besoek op 17 Oktober 2008.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search